
Berei doelgerig voor vir jou Graad 12 Wiskunde-eindeksamen met duidelike Afrikaanse videolesse wat jy teen jou eie tempo kan volg.
Hierdie selfstudiekursus dek die belangrike inhoud vir Vraestel 1 en Vraestel 2. Die werk is in gestruktureerde, doelgerigte afdelings verdeel, sodat jy die kursus stap vir stap kan deurwerk of direk na ’n onderwerp kan gaan waarmee jy sukkel.
Die kursus is ideaal vir leerders wat:
Die videolesse verduidelik die werk stap vir stap en wys met uitgewerkte voorbeelde hoe die konsepte in vrae toegepas word. Die fokus is nie net op die memorisering van formules nie, maar op begrip, probleemoplossing en die verbande tussen verskillende wiskundige idees.
Die volledige kursus bevat meer as 300 videolesse en hulpbronne. Volledige inhoud word ná inskrywing ontsluit.
Kyk die lesse wanneer dit jou pas, hersien moeilike onderwerpe so gereeld as wat nodig is en gebruik die kursus regdeur jou voorbereiding vir die finale eksamen.
Hierdie is ’n selfstudie-videokursus. Live klasse en persoonlike tutoring is nie ingesluit nie.
Ek is Gustav Potgieter, stigter en tutor by Phi Tutoring. Ek het ’n B.Eng. en M.Eng. in Meganiese Ingenieurswese, asook ’n PGCE, en bied wiskunde- en ingenieursondersteuning aan skoolleerders en universiteitstudente.
My doel is nie net om vir jou antwoorde te wys nie, maar om jou te help verstaan hoe die verskillende wiskundige konsepte met mekaar verbind is en hoe om dit self in eksamenvrae toe te pas.
Het jy ’n vraag voordat jy inskryf?
WhatsApp Gustav: https://wa.me/27657359041
E-pos: info@phitutoring.co.za
Webwerf: www.phitutoring.co.za
Phi Tutoring — Everything is connected.